top of page

Uit die Koekblik

  • Tant’ Anna
  • Jul 30, 2018
  • 1 min read

Die rugbyseisoen is sterk aan die gang en die eerstespan-rugbymanne verf Instagram weer bruin en maak doodseker almal weet hulle het die vorige dag gespeel.

Die meeste Helpies is bewus van die blad @helpies_rugby_official op Instagram. Met die eerste oogopslag lyk dit soos ‘n doodnormale rugbyblad, maar dit is eers wanneer jy mooi na die plasings gaan kyk dat jy séker is dit is ‘n doodnormale rugbyblad, want as die eerstespan die vorige dag gewen het, is die uitslae volop, maar die dag wanneer die wedstryd nie in hulle guns geval het nie, dan word daar vergeet om enige uitslae te plaas, ongeag hoe die res van die spanne gevaar het.

Daar was groot opwinding voor en tydens die eerste groot Virsekerbeker-wedstryd teen die Hoërskool Transvalia. Pligsgetrou het baie van die Helpies gaan ondersteun met die gerusstellende wete dat USN die pad saam met die spelers stap (#grindin). Ongelukkig het die eerstespan ná ‘n spanningsvolle wedstyd met ‘n tandknersende telling van 22-24 verloor. Party sou sê dit is as gevolg van Transvalia se goeie vaardighede, die meerderheid sou sê dit is as gevolg van die skool se verouderde gimnasium, maar die spelers sê dis as gevolg van die son in hulle oë.

Tog staan almal steeds bankvas en trots agter die Bruin Truie. Komaan, boys, komaan!


Comentaris


Saam

het ons

in hierdie
uitgawe

mekaar

Mees Onlangs
bottom of page