0.15 Helpies verf Singapoer bruin
- Susan Steurer
- Nov 22, 2018
- 1 min read


Die 0.15-netbalspan, afrigter en spanbestuurder, Me. Louise Hatting en Annemarie Venter, het op Sondag, 18 November, op 'n twee weke lange toer na Singapoer vertrek.
Hierdie wonderlike geleentheid het hulle te beurt geval nadat hulle die Suid-Afrikaanse netbal-kampioenskappe in Augustus hierdie jaar gewen het.
Die span sal Suid-Afrika verteenwoordig tydens 'n internasionale toernooi, asook 'n afrigtingskliniek bywoon.
Comentários