Flink of faal
- Chanell Landman
- Nov 14, 2018
- 1 min read

By die jaarlikse Afriforum Dink-of-Sink-debatskompetisie wat op 24 Augustus 2018 by Hoërskool Montana plaasgevind het, het die Helpies se 2 senior en 2 junior spanne weereens uitmuntend gevaar.
Een van ons senior spanne; Ruan Mackridge, Josh Stockigt en Nina Mostert, het vyfde in die senior afdeling geëndig.
Die junior span; Adam Botha, André van Graan en Marcel Steynhet na die landsfinaal wat op 20 Oktober plaasgevind het deurgedring. Hulle het ‘n algehele derde plek by die landsfinaal behaal. Adam sê dat die kompetisie hulle selfvertroue verbeter het.
By hierdie unieke debatskompetisie het spanne van drie slegs vyf minute om ‘n onderwerp, sonder enige bronne, vir of teen, in ‘n toespraak te verander en dan breek daar ‘n tongtwis van eksponensiële proporsie uit.
Juffrou Mariette Keyser beskryf die debatskompetisie as: “’n Bekgeveg waar grysstof ingespan word.” Met onderwerpe soos: “Is Francois van Coke meer relevant as CJ Langenhoven?” en “Raak sport te belangrik in vandag se tyd?” moes deelnemers flink dink. Beoordeelaars is verras deur die manier waarop ons Helpies die temas interpreteer.
Ruan Mackridge sê dat hy die kompetisie definitief vir ander Helpies sou aanbeveel, omdat dit ‘n minder ernstige kultuuraktiwiteit is waar jy kan stry oor onderwerpe wat nie daagliks teëgekom word nie.
Comments