top of page

Vaarwel, matrieks van 2018

  • Anja Steyn
  • Nov 14, 2018
  • 1 min read

Fotograaf- Danielle Heyneke

Op 16 Oktober het die 174 matrieks van 2018 hul laaste totsiens aan Helpmekaar Kollege onder die pers jakarandas gesê. Emosies het hooggeloop en ouers en matrieks het met ‘n knop in die keel gesit.

Professor Pieter Kruger, sportsielkundige, was die gasspreker vir die geleentheid. Hy het met die matrieks gedeel hoe sukses behaal kan word in terme van vermoëns, omgewingsfaktore en ingesteldheid. Wat die eindeksamen betref, is die volgende brokkie wysheid gedeel: “Werk slim, nie harder nie.”

Fotograaf- Danielle Heyneke

Die matrieks van 2018 was duidelik ‘n groep met geen akademiese tekortkominge nie. Vier leerders het gegradueer met ‘n gemiddeld bo 90%: Dané Odendaal, Luan Roos, Aleida De Bruyn en Clara Pretorius. Luan Roos is aangewys as die dux-leerder en Dané Odendaal as die leerling met die beste akademiese rekord van graad 10 tot 12.

Mnr. König het ook drie spesiale toekennings aan leerders wat hom inspireer toegeken. Die toekennings vir deursettingsvermoë, persoonsontwikkeling asook die hoof se toekenning is deur Douw Steyn, Dylan Bam en Carmine van der Westhuizen onderskeidelik verwerf.

“Hier staan ons sterk, hier is ons kleim afgesteek.” Dié woorde van professor Derek van der Merwe is deur Marco van Staden, hoofseun van 2018, aan sy mede-Helpies gelaat. Vaarwel, matrieks van 2018!

Fotograaf- Danielle Heyneke

 
 
 

Comments


Saam

het ons

in hierdie
uitgawe

mekaar

Mees Onlangs
bottom of page