Die glinster en glans van Matriekafskeid ‘18
- Karla Jonker
- Oct 31, 2018
- 1 min read

Op 13 Oktober 2018 het die matriekafskeid by Helpmekaar Kollege plaasgevind. Die opgetofde matrieks het tussen vyf- en sewe-uur in ‘n verskeidenheid blink waens by die skool gearriveer. Die groen grastapyt is tussen trotse jonger leerders en ouers na die aantreeblad uitgespan.

Elardus Erasmus en Nicole Vermeulen het die aankoms met ‘n tikkie goud versier en gesorg vir prentjiemooi foto’s vir ander paartjies.
Selfs 'n bui reën kon nie die sprankel van die aand demp nie.


Na die aankoms het die matrieks ‘n verwelkomingsdrankie by die swembad geniet en daarna na die skoolsaal beweeg om te eet, kuier en dans. Die saal was sprokiesagtig opgemaak met liggies en kerse.

Die matrieks het ook ‘n kans gehad om op die voorblad van die Helpie Flitse te verskyn met ‘n oulike fotohoekie.

Met die open van die dansvloer het die pret éérs begin!

Die onderwysers het nie op hul laat wag om te deel in die opwinding nie.
Die matriekafskeid van 2018 was ‘n reuse sukses en overgeetlike herinnering vir almal.
Comments