top of page

Nie “nét nog een” tienertoneel nie

  • Karla Jonker
  • Nov 21, 2018
  • 1 min read

Pieter Hougaard, matriek-Helpie en die skrywer, regisseur en beligtingsoperateur van die toneelstuk, Net nog een, is die landswye wenner van die ATKV-tienertoneel.

Hy en sy span, Imke Higgo, Johané Fritz, Ilanka Kleynhans, Nianca Kempenaar, Zandri Swanepoel, Nadja Watney, Jenna Schneage, Tamzyn Oosthuizen en Lee-Ann Smith as aktrises, Mizanderlé Kleinsmith as klankoperateur en Emma Dirks as verhoogbestuurder, het die Helpie-naam hoog gehou en is as die wenners aangekondig in die kategorie vir die beste toneelstuk uitgevoer deur net leerders. Die finaal het van 1 tot 5 Oktober by die Roodepoort-teater plaasgevind.

Die toneel bespreek die erns van mensehandel en is besonder relevant vir vandag se samelewing. Pieter het aan hierdie idee gedink deur in ‘n Afrikaans-periode ‘n prentjie op sy gedig te teken, aangesien sy aandag gedwaal het. Dit was ‘n prentjie van nege meisies. Die sin: “Hy skop, hy slaan, hy trek my uit, hy vat die lewe uit my uit,” het by hom vasgesteek. Uit hierdie enkele idee het die indrukwekkende toneel ontstaan.

‘n Uitdaging van die toneel, sê Pieter, was die verantwoordelikheid om die situasie van mensehandel reg oor te dra en uit te beeld, aangesien dit ‘n sensitiewe saak is waarvan min mense werklik bewus is.

Die opwarmingsproses van die aktrises het begin met strekke en stemopwarmingsoefeninge, maar het meer ingewikkeld geraak met die karakterisering. Met die eerste paar optredes is die meisies rondgeruk en rondgegooi en was die opwarming baie fisies. Later het die meisies ‘n tegniek ontwikkel waarin elkeen individu die kamer waarin hulle toegesluit is in die toneel gevisualiseer het.

Die toneel was werklik ‘n meesterstuk wat ‘n stem vir slagoffers van mensehandel en ‘n bewusmaking vir ander was.


 
 
 

Comentarios


Saam

het ons

in hierdie
uitgawe

mekaar

Mees Onlangs
bottom of page