top of page

Aggies val in flater-kraters

  • Chanell Landman
  • Nov 14, 2018
  • 1 min read

Die meeste van ons onthou nog hoe verskrik ons die eerste dag van graad agt gevoel het, maar onthou jy jou eerste vraestel in die hoërskool?

Hoërskoolvraestelle en laerskoolvraestelle is wêrelde uit mekaar en dus is dit maklik om foute te maak. Die vraestyl is anders, jy skryf skielik op foliopapier en nie op ‘n invulvraestel nie en jy moet ‘n rede vir al jou antwoorde hê.

Volgens Meneer Dean is een van die algemeenste “foute”, dat hulle nie hulle onderwysers se name opskryf nie. Dit is nou nie doodsake nie, maar ken jou onnie se naam en hoe hulle name gespel word.

Juffrou Mia het al vreemde antwoorde op die vraag “Wat is diversiteit?” ontvang. Een graad 8 sê: “Dit is soos skool, maar hierdie is soos as jy jou graad kry by ‘n universieit.”

Vergeet van Grieks praat, Meneer Johan sê dat hy “Sjinese wiskunde” ontvang, so leer jou eksponentwette. En mens gooi mos twee klippe dood met een voël, of so dink een van Meneer Gideon se leerders.

Op die ou end leer ons almal hoe om ons antwoorde te motiveer… Gaan antwoord, gaan!


 
 
 

Comments


Saam

het ons

in hierdie
uitgawe

mekaar

Mees Onlangs
bottom of page