Helpies wen die stryd met Zebra-jolyt
- Nikolas Germishuysen
- Nov 14, 2018
- 1 min read
Op Woensdag 3 Oktober het die jaarlikse Privaatskole Interhoër-atletiek by Ruimsig-atletiekstadion plaasgevind. Helpmekaar het weereens met ‘n weghol-totaal voor die ander skole uitgehol.


Die buurskool se zebra-gelukbringer het byna sy strepe afgeskrik toe Helpies se manne besluit het hulle wil hom bietjie “leen”. Gelukkig is hy ongedeerd (net bietjie getraumatiseerd) terugbesorg aan sy geregmatige eienaars.
Die atlete het die pawiljoen met uitmuntende atletiek trakteer en vele eerste plekke is ingepalm. Juan Oosthuyzen het die meeste punte op die ABSA-tabel bymekaar gemaak met 1200 punte vir sy eerste plek in Gewigstoot en Diskus. Atletiekkapteins, Joshua Stockight en Xanté de Klerk, het die trofee namens Helpmekaar se atletiekspan ontvang.
Alhoewel hierdie net die begin van Helpmekaar se 2019-atletiekseisoen is, het die atlete gewys dat daar definitief iets is om hierdie seisoen na uit te sien.
[Video]
....
Die 10 nuwe dirigente het die pawiljoen se gees aangemoedig. Mieke Gouws, een van ons dirigente, is baie opgewonde oor die jaar wat voorlê. Volgens haar is dit ‘n fantastiese gevoel om voor die skool te staan. Dit is egter ook ‘n moelike taak, want soos Mieke sê: “Ons is net tien dirigente en ons moet ongeveer ‘n duisend kinders laat saamwerk”. Dit is beslis nie ‘n maklike taak nie.
[Onderhoud]
....

Die Golden Boys het hulle eerste amptelike verskyning gemaak en soos wafferse griekse gode gewys waartoe hulle in staat is. Nie eens die reën kon die skare se gees demp nie. Soos ware Helpies het ondersteuners en atlete Helpmekaar waardig verteenwoordig.
Comments