top of page

Sterre in Strepe

  • Carmine van der Westhuizen
  • Jul 30, 2018
  • 1 min read

Die tweedespanne pronk nie net hierdie seisoen met uitstekende uitslae nie, maar ook met nuwe, eenvormige uniforms. Al vier die sportspanne (rugby, netbal, seuns- en meisieshokkie) dra nou uniforms wat geskoei is op die tradisionele tweedespan-rugbytrui wat uit breë dwars bruin en goue strepe bestaan. In vergelyke hiermee dra die eerstespanne bruin uniforms, en die res van die spanne wit.

Jean Engelbrecht, kaptein van die tweede rugbyspan, vertel dat hy bly is dat ander sportsoorte ook nou dié tradisionele kleredrag kan dra. “Elke tweedespanspeler verdien die voorreg om hierdie tradisie te beleef en dan te oorhandig aan die volgende jaar se tweedespanspelers.”

Dhané Keevy, kaptein van die dogtershokkie tweedespan, glo dat die eenvormigheid in die kleredrag die tweedespanne bind tot ‘n eenheid wat ‘n sterker samehorigheid onder die spelers tot gevolg het. “Ek dink ons span is die definisie van span- en sportmansgees, want dit maak nie saak wat die telling op die telbord is nie, ons weet dat ons ons harte uitgespeel het. Dit is hierdie sportsmansgees en Helpie-waagmoed wat die tweedespanne deur hulle uitdagings dra.”

Danicka van Tonder, lid van die tweede netbalspan, het ‘n soortgelyke ervaring en vertel dat sy tydens hierdie seisoen geleer het dat Helpies saam kan groei. “Die rokkies het vreeslik baie vir ons beteken en ons spesiaal laat voel. Dit was ‘n hoogtepunt in my Helpmekaar-netballoopbaan.”


Comments


Saam

het ons

in hierdie
uitgawe

mekaar

Mees Onlangs
bottom of page