top of page

Ruiters galop na glorie

  • Anja Steyn
  • Jul 30, 2018
  • 1 min read

Michaela Janse van Rensburg en haar perd, Uber-G’s Mystery. Foto geneem deur Storm Lotter.

Helpmekaar se perderuiters het op 16 en 17 Junie aan die jaarlikse interskole-kompetisie te Kyalami deelgeneem. Hierdie kompetisie word vier keer per jaar deur SANESA (South African National Equestrian Schools Association) aangebied.

Tenielle Bouwer (graad 8) het met haar perd, Assegai Silent Witness, algeheel 5de

uit deelnemers van 165 skole geëindig. Sy het veral in ruiterkuns presteer.

Michaela Janse van Rensburg (graad 10) het met haar Suid-Afrikaanse warmbloedperd, Uber-G’s Mystery, drie eersteplekke tydens die kompetisie losgeslaan. Die dissiplines waarin sy presteer het, was dressage, ruiterkuns en ruiterskap. Sy is ook gekies om Gauteng te verteenwoordig as lid van die Dressage High Performance Squad by die nasionale kompetisie. Michaela het in 2017 ‘n 3de plek op die Suid-Afrikaanse ranglys behaal en hoop om hierdie jaar weer onder die top drie plekke by die nasionale kompetisie te eindig.

Carami van der Vyver (graad 10) beskou ruitersport as ‘n leefwyse. “Jy kan nie net jou perd eenkant gaan neersit wanneer jy moeg is nie. Die meeste ruiters ry gemiddeld drie tot vier uur per week,” sê Carami. Daar moet voortdurend saam met die perd gewerk word om ‘n beter band tussen die perd en die ruiter te bou. Dit verg harde werk en deursettingsvermoë.

Die Helpie-ruiterspan het vanjaar reeds meer as 5500 punte in hul liga bymekaar gemaak. Die span het oor die afgelope paar jaar geweldig uitgebrei. Hulle sal in Augustus aan die Gauteng-kampioenskappe deelneem en indien van die ruiters goed vaar, kan hul in die Gauteng-span wat in Oktober aan die nasionale kampioenskappe sal deelneem, opgeneem word.


Comments


Saam

het ons

in hierdie
uitgawe

mekaar

Mees Onlangs
bottom of page