o.15’s speel vir Singapoer
- Die Sportkantoor
- Jul 30, 2018
- 1 min read

Op Saterdag 9 Junie het die o.15A-netbalspan te Laerskool Kenmare in die Kay Motshepe-toernooi teen van die beste skole in Gauteng hul staal gewys.
Die o.15A-span is een van die top 2 spanne wat Gauteng in die nasionale kampioenskap in Vanderbijlpark vanaf 23 tot 26 Augustus sal verteenwoordig. Om hul plek by SA’s te verseker moes hulle groot netbalskole aanvat. Hulle wen 5 van die 6 wedstryde en verloor ongelukkig met net 4 doele in die finaal teen Affies.
Juffrou Louise Hatting, hul afrigter, sê haar span het deursettingsvermoë. Hierdie 9 meisies en hul afrigter se droom is om die nasionale kampioenskap te wen en Suid-Afrika by die Wêreldspele in Singapoer te verteenwoordig. Vanjaar het hierdie span nie ‘n kaptein nie. Op die baan is hulle een span en samehorigheid is vir Juffrou Louise belangrik. “Ons speel tot eer van die Here. Dis die gom wat ons bymekaar hou. Hy sorg vir Sy kroon,” sê Bernice Joubert.
Ter voorbereiding vir die nasionale kompetisie neem hulle vanaf 11 - 13 Julie aan die Coke-reeks in Potchefstroom deel. Hulle beoog ook om gedurende die Augustus-vakansie te oefen en aan hul dieet en herstelproses aandag te gee. Hierdie klein handjies vat beslis raak.
Комментарии