top of page

Helpies eindig nie met rug teen muur

  • Die Sportkantoor
  • Jul 30, 2018
  • 1 min read

Sewe Helpies het die geleentheid gekry om in Julie Sentraal-Gauteng by die onderskeie nasionale muurbaltoernooie te verteenwoordig.

Alix du Plessis en Henry van Staden (graad 10) het aan die o.16-toernooi te Oos-London deelgeneem, waar Alix, as lid van die A-span, ‘n goue medalje gewen het.

Drie Welpies: Ruben Moolman, Brendon van Rooyen en Arno Joubert het as lede van die o.14 B-span brons medaljes losgeslaan by die o.14-toernooi in Johannesburg.

Die skoner geslag is verteenwoordig deur Michaela Staal (graad 8) wat opgeneem is in die o.14 A-Gautengspan, en Liana Maritz (graad 12) wat aan die o.19-toernooi te Paarl deelgeneem het.

Volgens juffrou Maricien Maritz, organiseerder van die sport, is sy baie tevrede met die Helpies se vordering en prestasies hierdie seisoen, en glo sy dat Helpie-muurbal nou met die beste van die bestes kan kompeteer.


Comentarios


Saam

het ons

in hierdie
uitgawe

mekaar

Mees Onlangs
bottom of page