Gholf swaai septer
- Jené Becker
- Jul 30, 2018
- 1 min read

Herman du Plessis, lid van die Helpmekaar-Oosthuizenspan, het in Mei hierdie jaar deelgeneem aan die Suid-Afrikaanse o.15-gholfkampioenskappe wat by Gowrie Farm-gholfbaan in KwaZulu Natal gehou is. Hier het hy met die eerste plek weggestap.
Herman presteer só goed dat hy aan die einde van die gholfjaar vierde op die Suid-Afrikaanse ranglys vir die o.15-gholfspelers eindig.
Volgens Herman verg dit harde werk en ‘n bogemiddelde uithouvermoë om op nasionale vlak te presteer. “Dit is nie maklik nie,” sê hy, “maar niks wat die moeite werd is, kom maklik nie.”
Die Oosthuizenspan het ook uitgeblik deur vir die eerste keer hierdie seisoen te kwalifiseer om aan die A-liga in die Gauteng-kampioenskappe deel te neem.
Comments