Blitsflitse
- Die Sportkantoor
- Jul 30, 2018
- 1 min read
HOKKIE
Die eerstespanseuns se tiende plek by die Aitken-toernooi in die A-afdeling in Mei, en die o.15A-meisies se oorwinning oor St Mary’s in ‘n ligawedstryd, was twee groot hoogtepunte vir die Helpmekaar hokkiegemeenskap hierdie jaar.
Keagan Atkins (graad 11) was deel van die Nugget-span wat Suid-Gauteng verteenwoordig het by die Interprovinsiale Senior Vroue hokkie-kampioenskap in Natal. Hulle het algeheel 3de in die toernooi geëindig.
KARATE
Gerhard le Roux en Armand van der Merwe (graad 9) is gekies om Suid-Afrika in die Junior Swart Kata karate-kampioenskappe by die Afrika Beker later die jaar te verteenwoordig.
JUDO
Carla Venter en Zander Engelbrecht (graad 8) is gekies om die provinsie te verteenwoordig in die Suid-Afrikaanse Ope Judo-kampioenskap.
SKAAK
Xander Nel, Nico Olivier, Daniel Erasmus en Corné Steyn dring deur na die Gautengskole Individuele skaakkampioenskap.
TENNIS
Gerhard Venter (graad 9) het aan die D2- en D12 Interskole Tenniskampioenskappe deelgeneem en ‘n 2de plek behaal in die o.15-ouderdomsgroep.
Anique Engelbrecht (graad 10) en haar dubbelsmaat het die dubbelspel in die ITF-toernooi in Mosambiek gewen.
Comments