top of page

Swemmers staan sterk tussen topskole

  • Marie Mouton
  • Mar 28, 2018
  • 2 min read

Op Woensdag 28 Februarie het die Swem Interhoër by Delville-swembad in Germiston plaasgevind. Helpmekaar se swemspan het natuurlik aan hierdie byeenkoms deelgeneem, saam met Northcliff High School, Trinity House, Crawford College Sandton en St.Peter’s College.

Die Helpies het uitstekende prestasies behaal en net 5 punte agter Crawford College geëindig. Adriaan Steyn in graad 10 het veral goed gevaar met ‘n eerste plek in die 50 meter rugslag sowel as vlinderslag. Verder het Rieghardt van der Merwe ‘n goud in die 50 meter borsslag verwerf en ‘n brons medalje in die individuele medley. André Groenewald in graad 11 het ook ‘n eerste plek in die 50 meter rugslag verwerf en ‘n derde plek in die 50 meter vryslag. Die aflosspanne het ook goed gevaar en drie Helpie-spanne het in die top twee geëindig, wat beteken dat hulle deurdring na die Prestige-kompetisie. Die junior-aflosse was veral goed. Die o/14 individuele medleys het ook uitstekend gevaar.

Volgens die swemspan, onder leiding van hul swemkaptein, Gibor van Zyl in matriek, was hulle baie tevrede met hul pogings en prestasies tot en met die finale aflosse. Die Helpie-swemspan was 6 punte voor Crawford College, maar Crawford College het ongelukkig die Helpie-swemmers tydens die aflosse verbygesteek.

Helpmekaar Kollege eindig met ‘n algehele vyfde plek, kort op die hakke van Crawford Sandton in die vierde plek. Northcliff High School was die wenner van die Interhoër swemgala vir 2018.

Die swemmers is tevrede met hierdie prestasie en het gesê dat hulle baie beter as vorige jare gevaar het. Volgens Anri van der Merwe, ‘n swemmer in graad 11, is die swemspan op pad na nuwe hoogtes. Volgens haar sal ‘n bietjie harder oefening ook help om water in die teenstanders se oë te skop!

Die swemspan het na afloop van die gala by die res van die skool aangesluit by die Atletiek Interhoër byeenkoms te Pilditch-stadion. Verskeie swemmers is ook deur na die Prestige-byeenkoms.


Comments


Saam

het ons

in hierdie
uitgawe

mekaar

Mees Onlangs
bottom of page