Helpies groet geliefde busbestuurders
- Arliene van Wyk
- Mar 28, 2018
- 1 min read

Teis Nteso Motkung is gebore op 20 Junie 1971. Hy het in Heilbron gewoon en was vanaf Junie 2000 die man agter die stuur in Vasstaan. Teis sal veral onthou word vir sy grappies en goeie sin vir humor.
Hy is op 4 Maart 2018 oorlede. Hy word oorleef deur 2 kinders en sy vrou, Matisetso Motkung. Dankie vir die manier wat jy gedeel het in die “magic” van Helpie-wees, Teis. Saam met jou was ons altyd betyds en veilig. Ons sal jou glimlag en bestuursvernuf vir lank onthou.

Matome Frans Mogoma is op 16 November 1967 gebore en het in Groblersdal gewoon. Na ‘n lang stryd teen kanker het hy op 20 Februarie die tydelike vir die ewige verruil.
Frans het Job se geduld gehad. Hy het nooit ongeduldig geword as hy vir laatkommers moes wag nie en kon verkeer koelkop en kalm aanpak. Uit sy mond sou jy nooit harde woorde hoor nie. Hy was vanaf Januarie 2004 die busbestuurder van Vashou.
Frans word oorleef deur Daniel en Dinah. Die Helpies sal Frans onthou vir sy vernuf as verwer en mooi woorde wanneer ander aanmoediging nodig gehad het.
Comments