top of page

Wie nie pas op sy tyd, is sy metgesel kwyt

  • Shane Lottriet
  • Mar 27, 2018
  • 1 min read

Matriekafskeid - foto geneem deur Marco Claassens

Die doodnormale Helpie se prioriteite in verband met die nuwe jaar terug by die skool sal iewers in die lyn van punte, fiksheid en partytjies wees, maar die matrieks is nie doodnormale Helpies nie. Bo-op die graad 12’s se lang lys van prioriteite staan in rooi geskryf: matriekafskeidmetgesel!

Dit sou vir meeste mense vreemd klink om só vroeg in die jaar oor iets bekommerd te wees wat eers só laat in die jaar plaasvind, maar teen die pas wat die dames se hande gevra word, is dit duidelik dat dit nie hiér die geval is nie.

Vanaf die eerste dag was die matriekafskeidjagtog volstoom aan die gang. Die matrieks het al van so vroeg as laas jaar November -matriekafskeidmetgeselle “bespreek” met die belofte dat hulle volgende jaar formeel gevra sal word.

Volgens ‘n opname wat gedoen is onder die matrieks, is die rede vir dié voortydige matriekafskeidmalligheid as gevolg van die vrees dat hulle nie ‘n matriekafskeidmetgesel sal kry as hulle te laat begin soek nie.

“Ek is van mening dat dié voortydige stres oor matriekafskeid nie ‘n gesonde tendens is nie, maar jy wil tog seker maak dat die aand onvergeetlik is,” sê ‘n huidige Helpie-matrikulant.

Tydens die eerste 3 weke van skool het amper die helfte van die matriekgroep alreeds iemand gekry wat hulle sal vergesel op die aand van 13 Oktober. Die tyd is verseker baie, maar die meisies is min.


Comments


Saam

het ons

in hierdie
uitgawe

mekaar

Mees Onlangs
bottom of page