top of page

Valbal skitter deur die eeue

  • Karla Jonker
  • Mar 27, 2018
  • 1 min read

Die Valentynsbal van 2018 het geskitter met helder ligte en geborrel met liefde en nuwe vriendskappe. Die tema van die Valbal, wat op Saterdag, 10 Februarie om 18:00 plaasgevind het, was “Love through the ages”. Dit is gehou by Helpmekaar Kollege. Net die Gr. 9 tot 12-leerders leerders van Helpmekaar is toegelaat.

Daar is baie moeite gedoen met die reëlings van die Valbal deur die matriekportefeulje-leerders en die onderwysers daarby betrokke. Die rooitapyt het gelei na ‘n prentjiemooi gesig. Die dansvloer was langs die swembad. Daar was helder ligte en ‘n DJ met blêrende luidsprekers.

Reg vir pret uitgevat en opgetooi, moes al 429 Helpies met hul aankoms by die skool, onder die snoepie se afdak probeer inpas aangesien daar ‘n reënbui neergesak het. Die ouens, en natuurlik ook die skoner geslag wou nie graag hulle hare en ander bykomstighede nat hê nie. Die reën het gelukkig vinnig oorgewaai en die aand het verder vlot verloop.

Hoe langer die aand aangehou het, hoe meer hoëhakskoene het teen die muur opgehoop en hoe voller het die dansvloer geword en gebly. Die Valbal was ‘n mengsel van rose, ligte, musiek, skoene, kruisbande, dasse en rokke. Cupid was op sy pos, het harte vinniger laat klop en het ook sy bydrae gelewer.

Valbal 2018 was ‘n reuse sukses. Daar is groot skoene om te vul vir 2019.


Comentários


Saam

het ons

in hierdie
uitgawe

mekaar

Mees Onlangs
bottom of page