top of page

Helpie-hokkie beloof goue berge

  • Karla Jonker
  • Mar 27, 2018
  • 1 min read

Die hokkiesiesoen het in 2018 vroeër as gewoonlik by Helpmekaar afgeskop. Die entoesiastiese hokkiespelers en onderwysers het die astro al vroeg betree omdat harde werk niemand al ooit in die steek gelaat het nie. Die bloedrooi, dinamiese gesigte wat in die middae van die hokkiebus afklim ná oefening, bewys dat die voorseisoen definitief benut word.

Mnr. Blake Goosen, hokkie-direkteur van Helpmekaar, glo dat Helpmekaar Hokkie die sluimerende talent het om uit te blink. Maar om te skitter, moet daar eers geslyp word. Die hokkieseuns oefen dus elke Maandag en Woensdag. Die meisies oefen elke Dinsdag en Donderdag. Die fokus van die hokkie se voorseisoen is egter nie net om blink geslyp te word nie. Die fokus is ook op spanwerk, toewyding, deursettingsvermoë en geesdrif. Die harde werk van die voorseisoen beloof beslis goue berge.


Comments


Saam

het ons

in hierdie
uitgawe

mekaar

Mees Onlangs
bottom of page