top of page

Wag, dink, "post"

  • Shane Lottriet
  • Mar 26, 2018
  • 2 min read

Emma Sadleir, een van Suid-Afrika se voorste kenners van sosiale media en die wette daaromtrent, het op Donderdag 18 Januarie die Helpies kom inlig oor die gevare wat die gebruik van sosiale media kan inhou.

Sosiale media is een van die mees bespreekte en kontroversiële onderwerpe ter wêreld. In Helpmekaar het alle leerlinge toegang tot slimfone (en dus die internet) en feitlik almal maak gebruik van sosiale media. Hierdie groot blootstelling aan die internet kan en het al probleme vir leerders en die skool veroorsaak, dus het die skool ‘n behoefte gehad om die leerders ten volle in te lig oor die “moets en moenies” verbonde aan hul sosiale media gebruik.

Sadleir meen dat verantwoordelike en korrekte gebruik van tegnologiese hulpmiddels geleenthede sal skep en het selfs krediet gegee aan haar gebruik van Twitter vir die posisie waarin sy nou is, maar sy het egter daarin geslaag om ‘n saal vol tieners en onderwysers stom te laat toe sy die moontlike nagevolge van riskante gedrag i.v.m. digitale inligting bespreek.

Die meeste tieners het ‘n gevoel van immuniteit wanneer dit by misdaad kom a.g.v. hulle ouderdom, maar volgens Emma kan jy van die jong ouderdom van 10 jaar oud af in hegtenis geneem word en presies hanteer word soos wat ‘n 30-jarige volwassene hanteer sou word vir dieselfde misdaad en sy het bygevoeg dat jy gedagvaar kan word vanaf die ouderdom van 7 jaar. Hierdie inligting was nuut vir die meerderheid van die gehoor en die gevoel van sekuriteit het merkbaar afgeneem.

“Voordat jy ‘n foto neem of ‘n boodskap stuur, moet jy altyd vir jouself vra of jy daardie boodskap en/of foto op ‘n groot advertensiebord langs die pad met jou naam wil sien, ‘n foto van jou gesig en die naam van jou skool langsaan gevoeg. As jou antwoord ‘nee’ is, moet jy dit nie in digitale vorm laat bestaan nie. Digitale inhoud is gevaarlike inhoud,” het sy gewaarsku.

‘n Gewilde wanbegrip is dat jou aktiwiteit op sosiale media en in jou privaatlewe geen invloed kan of mag hê op wat met jou by die skool mag gebeur nie. Die werklikheid is egter dat jy met die inskrywing by jou skool die naam van jou skool openbaar, wat beteken dat enige en alle aktiwiteite verbonde aan die skool en jou privaatlewe gemonitor en vervolg mag word.

Gemengde reaksies was te sien oor hierdie stelling. Sommiges het dit as onregverdig beskou en het baie sterk opinies oor dié feit gehad. Sy het die voorbeeld gebruik van ‘n matriekseun wie se hoofleierskap weggeneem is, oor ‘n foto wat hy geplaas het van hom wat (wettiglik) ‘n alkoholiese drankie drink.

Daar is beslis ‘n tyd en ‘n plek vir alles. Miskien is dit tyd dat Suid-Afrikaanse skole hul media-beleide hersien.


Comments


Saam

het ons

in hierdie
uitgawe

mekaar

Mees Onlangs
bottom of page