top of page

"Die skuld is betaal"

  • Danielle Brink
  • Mar 26, 2018
  • 1 min read

Lank gelede het ‘n generaal van Suid-Amerika ’n beweging gelei in verset teen sy land se brutale diktator. Generaal Garcia se groep moes gedurig rondtrek en het in tente gebly. Kos was skaars en moes daagliks in rantsoene uitgedeel word.

Op ’n dag het die hoof van die voedselstoor agtergekom dat daar kos gesteel word en dit aan die generaal gaan rapporteer. Garcia het almal bymekaar geroep en verklaar dat enige iemand wat gevang word vir kos steel, 40 sweepslae sou kry.

Net die volgende dag het Garcia se naaste vertroueling hom ingelig dat die dief betrap is. "Daar is egter net een probleem, Generaal," het hy vir Garcia gesê, "die dief is jou ma. Sy steel kos om vir jou siek broer te sorg." Garcia dink ’n rukkie na en antwoord: "Dit is nie ’n probleem nie. Die straf is bepaal." Garcia het sy hemp uitgetrek en oor sy bejaarde ma gaan staan sodat die sweep haar nie kon bykom nie. "Slaan maar," het hy beveel…

"Tetelestai" was Jesus se laaste woorde aan die kruis. ’n Goeie vertaling is: "Die skuld is betaal." Nes Garcia se ma is ons almal sondig en verdien om gestraf te word. "Maar as ons ons sondes bely” (1Joh 1:9), staan Jesus in die gaping vir ons en neem ons straf op Homself. Tetelestai is goeie nuus vir my en jou.


Comments


Saam

het ons

in hierdie
uitgawe

mekaar

Mees Onlangs
bottom of page