top of page

Wetenskappe neem voortou

  • Carmine van der Westhuizen
  • Mar 26, 2018
  • 1 min read

Ses toegeruste laboratoriums is die jongste toevoeging tot Helpmekaar Kollege se spog fasiliteite. Hierdie nuwe laboratoriums is tydens die Desembervakansie aangebou en toegerus met al die nodige toerusting vir die Wetenskapdepartament om optimaal te kan funksioneer.

Dié toevoeging is ‘n groot aanwins vir die Wetenskapdepartement en gaan Wetenskapprakties asook die onderrig van wetenskap vergemaklik vir Fisiese wetenskappe en Lewenswetenskappe. Juffrou Lida, Adelia, Maria, Carien, Elsabe, Nicolene en meneer JJ gaan klasgee in hierdie laboratoriums en van die toerusting gebruik maak.

Juffrou Lida vertel dat toegeruste laboratoriums ‘n groot behoefte van die Wetenskapdepartement was en sê: “‘n Wetenskaponderwyser sonder ‘n laboratorium is soos ‘n kok sonder ‘n kombuis.” Sy voel dat dit ‘n voorreg is om in een van hierdie spoglaboratoriums te kan skoolhou en sien dit as ‘n groot bate vir die skool in teenstelling met vorige jare se enkele laboratorium.

Nuwe Labs. foto verskaf deur Juf. Adel

Sy voel ook dat weens die gesentraliseerde store die leerlinge op ‘n meer gereelde basis praktiese ondersoeke sal kan uitvoer. Dit is ‘n belangrike aspek van Wetenskap en sy vertel dat praktiese ondersoeke leerlinge help om die werk te verstaan en dat hierdie leerlinge beter voorbereid sal wees vir naskoolse Wetenskapopleiding.

Luan Roos, ‘n Graad 12 Fisiese – en Lewenswetenskapstudent vertel dat hierdie laboratoriums die geleentheid vir die Wetenskapdepartement skep om optimaal te funksioneer en so ook die groeiende skool te ondersteun deur ideale omstandighede te skep om praktiese vaardighede te ontwikkel.

Hierdie nuwe fasiliteite hou dus talle voordele in vir al die Helpies


Comments


Saam

het ons

in hierdie
uitgawe

mekaar

Mees Onlangs
bottom of page