top of page

Nuwe Helpie-tradisie vat vlam

  • Carmine Van der Westhuizen
  • Mar 26, 2018
  • 2 min read

Nuwe tradisie in saal. Foto geneem deur heike edeling

Vanjaar het ‘n nuwe Helpie-tradisie, wat Juffrou Linda van Niekerk begin het, vlam gevat warvan elke Helpie sal baat.

Dié tradisie behels dat die Helpies op Maandagoggende in die skoolsaal kan instap terwyl gewyde musiek speel. Dit bied dan vir hulle die geleentheid om vir ’n oomblik stil te word in ‘n vreedsame en rustige atmosfeer en dien ook vir al die Helpies ‘n geleentheid om te dink oor die week wat verby is asook om voor te berei vir die week wat voorlê. Na die opening en die sing van die Onse Vader sal ‘n kers uitgeblaas word deur ‘n Helpie wat die vorige week die ‘Helpie-Way’ getoon het. Hierdie kers is simbolies van die nuwe week wat aangebreek het end at die vorige week verby is.

Juffrou Linda van Niekerk, sê dat dit belangrik is om tyd te maak om stil te word en te besin in vandag se besige lewe. Sy voel dit is belangrik om introspeksie te doen asook om terug te kyk op die week wat verby is en daarom het sy dit goedgedink om hierdie tradisie in te stel. Sy vertel dat ‘n ervaring by Groenklub, waar sy geen tegnologie gehad het nie en net in die vuur kon staar, hierdie idee in haar geprikkel het. Dit is ook juis in daardie ontspanne en kalm atmosfeer dat sy besef het hoe nodig dit is om stil te word en te mediteer.

Meneer Shaun Jackson is ook ‘n voorstander van hierdie tradisie en vertel dat dit die Helpie-Way goed omvat deurdat dit almal ‘n plekkie in die son gun. Hy voel dit is goed om ook op ander dinge in die lewe te fokus as net prestasies. Hy dink dit bied die geleentheid vir die skool om in ander sfere ook te groei.

Kara van Zyl ‘n matrikulant voel dat hierdie tradisie suksesvol sal wees as die Helpies besef hoe nodig hulle dit het om stil te word. ****

Hierdie nuwe tradisie word met ope arms verwelkom deur die Helpies.


Comments


Saam

het ons

in hierdie
uitgawe

mekaar

Mees Onlangs
bottom of page