top of page

Trouklokke in die vooruitsig vir jong meneer

  • Moné Rossouw
  • Mar 25, 2018
  • 1 min read

Die nuut getroude paartjie. Foto verskaf deur Mnr Dean.

Op 9 Desember 2017 het meneer Dean die jawoord vir sy sielsgenoot, Kobi Viljoen, gevra op hul plaas in Mpumalanga.

“Wow!” was Kobi se eerste reaksie toe sy die ring sien.

Tydens die reses in Oktober het hy op daardie einste plaas gaan werk. Hy vertel toe vir haar ‘n bogstorie dat hy besig was om iets vir haar te bou.

Daar is ‘n spesiale plekkie waarheen hulle altyd gaan. Hy was van plan om haar daar te vra, maar dit het oorstroom, dus moes hy op sy voete dink om steeds op sy knieë voor haar te kon staan.

Toe die dag uiteindelik aanbreek, het hy haar geblinddoek en in die skemer na ‘n spruitjie geneem om vir haar te gaan wys wat hy vir haar ‘gebou’ het… en net daar is dié vraag gevra! Hulle trou op 7 Julie 2018.

Op ‘n skaal van een tot tien, was die stresvlakke volgens hom ‘n elf! Hy het ‘n toespraak voor die tyd deeglik gaan uitwerk, maar toe die oomblik kom het hy alles vergeet. “Moenie vooruit beplan nie; praat net uit jou hart uit,” is sy raad aan enige ou wat ooit ‘n meisie vir iets wil vra- of dit nou valbal, matriekafskeid of ‘n verlowing is.


Commentaires


Saam

het ons

in hierdie
uitgawe

mekaar

Mees Onlangs
bottom of page