Speel klaar met sportbeserings
- Aleida de Bruyn
- Mar 25, 2018
- 1 min read
Sport is ‘n integrale deel van elke Helpie se lewe. Wat gemaak as ‘n sportbesering jou van die sportveld af hou? Helpmekaar het ‘n biokinetikus wat korte mette maak van enige besering.
Chineldi Pienaar is elke Dinsdag en Donderdag by die skool se gym. Sy het hope ondervinding met sportbeserings en het al gekonsulteer by die Goue Leeus se onder 19 en 21-spanne sowel as die Currie Beker- en Super 15-spanne. Sy assesseer en stel dan ‘n gefokusde rehabilitasie program saam wat gemik is op die herstel van sportbeserings om die sportiewe Helpie weer op die baan/veld te kry.
Comentários