top of page

Nuwe kultuur beïndruk

  • Marco van Staden
  • Mar 25, 2018
  • 1 min read

Helpmekaar se kultuurkalender word by die dag voller en nog twee aktiwiteite wat by 2018 se kalender gevoeg gaan word, is die perkussie-orkes en a capella-groepe. Die perkussie-orkes en a capella-groepe is beskikbaar vir alle leerders en bied aan leerders ‘n kans om nuwe vaardighede op ‘n genotvolle manier aan te leer.

Die perkussie-orkes, onder leiding van Peter McLea, is die eerste van sy soort by Helpmekaar en die lede van hierdie orkes gaan die proefkonyne wees vir hierdie aktiwiteit. Volgens Peter is hierdie ‘n aktiwiteit wat die kultuur by die skool kan aandryf. Hy beoog om ‘n groep van tussen 8 en 10 lede op te lei om kreatiewe en nuwe klanke uit groot tromme teweeg te bring en hierdie aktiwiteit kenmerkend te maak van Helpmekaar.

Daar is tans twee a capella-groepe in wording by Helpmekaar, Die seunsgroep word gelei deur Eghard Basson en hy glo dat hierdie groep ‘n vars bries in die kultuur-arsenaal van die skool kan wees. Peter McLea is ook aan die spits van ‘n meisies-a capella-groep. Hy meen dat a capella akkommoderend is vir unieke stemme en dat dit juis die diversiteit van die stemme in só ‘n groep is wat dit suksesvol maak. Dié nuwe kultuuraktiwiteite by Helpmekaar is eie aan die skool en beloof om opwinding te veroorsaak.


Comments


Saam

het ons

in hierdie
uitgawe

mekaar

Mees Onlangs
bottom of page