Kosblik-resep
- Aleida de Bruyn
- Mar 25, 2018
- 1 min read
BAIE Gesonde sjokolade-bruintjies (kyk na die demostrasie-video op helpieflitse.com)
Bestanddele:
40g hawermout
6g” skinny” warmsjokolade
30g kokosneutmeel
15g kakao-poeier
30g biogensa proteïn-poeier
‘n halwe teelepel sout
1 teelepel bakpoeier
‘n derde teelepel koeksoda
150g eiervrug
4 eierwitte (of 2 eiers)
60g piesang
2 eetlepels vloeibare versoeter
1 eetlepel vanielje-geursel
Metode:
Voorverhit die oond tot 180 grade. Sif droë bestanddele saam. Meng die nat bestanddele.
Vou die droë bestanddele in. Giet in ‘n gesmeerde bak. Bak in die oond vir 25-30 minute totdat ‘n mes skoon uitkom. Sny in blokke, pak jou kosblik en smul.
Comentários