Kollig is op romanse
- Carmine van der Westhuizen
- Mar 25, 2018
- 1 min read

Vanjaar se Valentynsweek was uit die boonste rakke en het van die sesde Februarie tot die tiende Februarie geduur. Die Helpies kon van die Dinsdag tot die Vrydag bykomstighede dra om by die tema van die spesifieke dag aan te sluit en die week het op ‘n hoë noot geëindig by die Valentynsbal die Saterdag.

Vanjaar se Valentynsweek is benader met ekstra entoesiasme deur die graad elf-leerders, mej. Nicolene Opperman en mnr. Blake Goosen. Hulle het inisiatief geneem en nuwe aktiwiteite soos die sokkie-kompetisie tydens Dinsdag tweede pouse en die paartjie-vasvra op Woensdag laat plaasvind. Dit het gesorg vir die aangename atmosfeer op die stoepe tydens hierdie week van romanse.
Michael Amiras, ‘n matrikulant, het ‘n ontbyt-vir-twee los gedans en die sokkie-kompetisie gewen terwyl Dané Odendaal en Luan Roos die paartjie vasvra-kompetisie gewen het. Nina Mostert, ‘n matrikulant, sê dat die aktiwiteite beslis ‘n wenner was omdat dit dinge interessant, opwindend en humoristies gehou het.

Comments