top of page

Internasionale applous vir die Helpie-koor

  • Danielle Brink
  • Mar 25, 2018
  • 1 min read

Koor op oorsese toer 2017. Foto geneem deur Gustav Klingbiel

Op Donderdag 7 Desember 2017 het 42 van Helpmekaar se koorlede op ’n Europese toer van drie weke vertrek. Die hoogtepunt was beslis die kompetisie in Bratislawa, Slowakye, waarna ons koor spesiaal uitgenooi is.

Oorsese Koortoer. Foto geneem deur Suzette Crause

Helpmekaar het in die afdeling "International Festival of Advent and Christmas Music" ’n tweede plek behaal vir kore bestaande uit 14-21 jariges. ’n Universiteitskoor het die eerste plek behaal. Helpmekaar was die enigste koor uit Afrika wat deelgeneem het en Helpmekaar se opponente het bestaan uit ondermeer kore vanaf Rusland, Swede, Latwieë en Duitsland.

Mnr Siegfried Pretsch was baie trots op sy koor wat ’n algehele punt van 84,9% behaal het. Dit is een persent meer as wat ons koor by die 2017 ATKV-Applous kompetisie verwerf het. "Vir my beteken hierdie uitslag dat Suid-Afrika se koorstandaarde ook op ’n globale vlak kompeterend is," sê mnr. Pretsch.

Drie uit die vier liedere wat Helpmekaar by die kompetisie opgevoer het was eg Suid-Afrikaans. Helpmekaar se koor het dus nie net vir Helpmekaar nie, maar ook die hele land in Bratislawa gaan verteenwooordig. Suid-Afrika kan derhalwe saam met Helpmekaar trots wees op ons 2de plek by hierdie internasionale koorfees.

Oorsese koortoer 2017. Foto geneem deur Suzette Crause


Comments


Saam

het ons

in hierdie
uitgawe

mekaar

Mees Onlangs
bottom of page