top of page

Die goudpot sit aan die einde van die byeenkoms

  • Shane Lotriet
  • Mar 25, 2018
  • 1 min read

Die Golden Boys. Foto geneem deur Danielle Heyneke

Voordat ‘n mens deel word van Helpmekaar sal 15 goue, dansende, hemplose seuns in rugbybroeke nie noodwendig die eerste ding wees waaraan jy dink as jy “Golden Boys” hoor nie, maar vir die Helpies is dit presies wat dit beteken.

Die tradisie van die Golden Boys is in 2007 begin as ‘n poging om skoolgees op te bou onder die leerders by verskillende sportgeleenthede. Hulle word elke jaar gekies vanuit die graad 11 seuns en daar is elke jaar groot opgewondenheid oor dié verkiesing

Dit is duidelik dat hierdie tradisie nie gou sal uitsterf nie. “Hulle maak atletiekbyeenkomste die moeite werd om by te wees,” sê Lily Griffiths, graad 11-leerling van Helpmekaar.


Comentarios


Saam

het ons

in hierdie
uitgawe

mekaar

Mees Onlangs
bottom of page