Almighty is beslís alles magtig
- Shane Lottriet
- Mar 25, 2018
- 2 min read

Ons as mense verbly onsself aan die sukses wat ons en ander behaal, dus is die Helpies almal trots op Helpmekaar se alom bekende Almighty Mabunda wat ‘n diploma in Regte aan die Universiteit van Johannesburg verwerf het.
Almighty is aan Helpmekaar voorgestel in Oktober 2010 en hy het in Januarie 2011 as ‘n laboratorium en algemene kantoor assistent begin werk op die ouderdom van 23. Tydens die jare wat hy by die skool werk, is hy in verskillende rolle betrokke, wat daagliks sowel as deeltyds saamloop met sy primêre werke op ‘n daaglikse sowel as deeltydse basis wat die skool ‘n goed geoliede masjien hou.
Hy meen dat sy drome en aspirasies vir die toekoms is om ‘n voorloper prokereur te word wat spesialiseer in straf- en arbeidsreg. Asof dit nie alreeds besig genoeg is nie, voeg hy by dat hy baie ure van sy tyd aan “Pro Bono” dienste (liefdadigheidswerk) sal ook wil spandeer. Sy huidige planne en doelwitte is egter om sy LLB graad (Baccalaureus in Regte) so vroeg as moontlik te verwerf en om aan te hou om so lank as moontlik vir Helpmekaar te werk. “Ek hou daarvan om hier te werk,” sê hy.
‘n Mens het byna altyd ‘n rede hoekom hulle hul gekose rigting gekies het. “Ek wil net eerste noem dat daar onreg plaasvind in ons gemeenskappe en samelewing, beide by openbare en private ruimtes, sowel as by regspersone.” Hy meen dat hy graag positiewe bydraes wil maak om gevalle van mishandeling, diskriminasie en onwettige aktiwiteite wat deur individue gepleeg word reg te stel.
Soveel mense in Suid-Afrika weet byna niks van hul regte, verantwoordelikhede en die wet van die land. Almighty is egter gemotiveerd om dit reg te stel. Hy verduidelik dat die rede hoekom hy gekies het om Regte te studeer is om homself te help om die Wetsontwerp gepaard met die Republiek van Suid-Afrika se grondwet en prosedures van litigasie as gevolg van regskoste ten volle te begryp, asook om ander mense te help om hulle menseregte te verstaan en watter stappe geneem moet word sodat geregtigheid toegepas kan word.
Met elke suksesverhaal, is daar altyd ‘n vorm van ‘n ondersteunigsmeganisme wat ‘n uiters belangrike rol gespeel het om die sukses van dié person ‘n realiteit te maak. Baie van hierdie ondersteuningsmeganismes kan materiële of bloot morele ondersteuning wees. Almighty is geen uitsondering hiervan nie en voeg die volgende by: “Die persoon wie my finansieel en akademies deur my studeringsreis ondersteun het, is die beste Tannie van alle tye – Tannie Carol Kriel. My familielede en my kollegas wie daar was tydens die leerprosesse het almal my ook die meeste ondersteuning moontlik gegee.”
Ons as ‘n skool word sterk en verenig deur die vordering van ander. Verskeie Helpies was heerlik verras deur hierdie nuus en baie het saamgestem dat Almighty se storie vir hulle as motivering dien vir hul eie reise vorentoe in die lewe.
Commentaires