Waar hang die Helpies uit?
- Marié Mouton
- Oct 30, 2017
- 1 min read
Een van Helpmekaar-leerders se bekendste (en ook berugte) uithangplekke, Rim and Rubber, se deure is onlangs finaal gesluit. Greenside het dalk nie meer sy geliefde R&R nie, maar veral die ouer Helpies word gedurende naweke hier en in Parkhurst opgemerk op soek na die nuutste restaurant of kuierplek om saam met skoolvriende te ontspan.
Die meeste van ons hang die lekkerste uit wanneer musiek speel, die atmosfeer energiek is en ons saam met ander jongmense iets lekker kan eet of drink en ontspan. Sulke spesiale plekke vir jongmense kom naby ons skool in Parkhurst en Greenside voor.
Parkhurst se Craft is bekend vir sy enorme gourmet melkskommels en Duke’s Burgers in Greenside spog weer met fantastiese hamburgers. In Parkhurst is Hudsons met sy New Yorkse atmosfeer gewild onder Helpies vir verjaarsdagpartytjies en laataand kuiers. Die nuutste kuierplek net langs Hudsons, Salsa, is ‘n klein Meksikaanse restaurant met moderne neonligte en heerlike nachos.

Behalwe vir die bekende Neigbour Good’s Market naby Helpmekaar, is daar ook nuwe markte wat lekker uithangplekke geword het. 27 Boxes by Melville het ‘n verskeidenheid van kos- tot klerewinkels en die bekende Hell’s Kitchen is net om die draai. ‘n Bietjie nader aan Helpmekaar is 1 Fox Street wat ook ‘n kosmark, sowel as restaurante het.
Die leerders van Helpmekaar Kollege kom natuurlik uit al die uithoeke van hierdie groot wêreldstad, Johannesburg. Elke woonbuurt het sy eie unieke plek om te ontspan wat net wag om ontdek te word. So hou jou oë en ore oop vir die nuutste uithangplek!
Comments