top of page

Debatsvraag: Bestuurslisensie op 16? Nee, vergeet van vroeg bestuur

  • Eduan Beukman
  • Oct 30, 2017
  • 2 min read

Eduan Beukman en Marco van Staden. Foto verskaf deur Heike Edeling.

Dit is ‘n vraag wat al wêreldwyd die onderwerp van verskeie debatte en redenasies was: moet die wettige ouderdom om te kan bestuur verlaag word na 16-jaar? Die antwoord is nee. Uiteraard is dit ‘n logiese antwoord gebasseer op basiese beginsels en praktyke, maar wat is dan nou die werklike rede vir hierdie kniehalterning van die jong lot agter die stuurwiel.

Daar is omvattende navorsing deur die Versekering Instituut van Hoofweg Veiligheid in die Verenigde State van Amerika (die ironiese sondebok self) in 2008 bekend gemaak. Hierin is bevind dat die ongeluksyfer aansienlik hoër is in die state waar die minimum ouderdom vir 'n bestuurslisensie 16-jaar is. In vergelyking is dieselfde syfer in ‘n staat soos New Jersey, waar die minimum ouderdom net een jaar hoër (17) is, heelwat laer. Graad 10’s kan nie eers betyds by die huis opdaag na ‘n aand uit nie, kan mens dan nou werklik van hulle verwag om verantwoordelik te bestuur?

Boonop, volgens die Nasionale Veiligheidsraad van New York se jaarlikse veiligheidsverslag, is motorongelukke een van die hoof redes vir sterftes onder tieners. “Maak nie saak hoe oud jy is nie, mens kan nie net bestuur nie, jy benodig eers ervaring,” sê Alex Koroknay (president van die Nasionale Jeug Regte Assosiasie). In teenstelling hiermee het die Internasionale Instituut vir Geestesgesondheid egter hulle standpunt duidelik gemaak. Hulle verduidelik hoe die menslike brein nog ontwikkel tot op 25-jaar, en op 16-jaar is die brein nog nie ver genoeg ontwikkel vir ‘n kind om veilig te kan bestuur nie. Volgens Kevin Quinn (Afdeling-hoof vir Neurofisika en Gedragswetenskap) is “16-jaar ‘n swak ouderdom om toegelaat te word om te kan bestuur, die brein is nog te min ontwikkel en dus is hierdie kinders ‘n gevaar op die pad.”

Graad 10’s kan toegelaat word om 'n motor te bestuur, indien dit die veilige bakkie op die plaas in voorbereiding vir hulle leerlingslisensie op 17-jaar is. Die feit bly egter dat die wettige bestuursouderdom nie verlaag moet word na 16-jaar nie, dit is eenvoudig te jonk, en die kans vir ongelukke en sterftes te hoog.


Comments


Saam

het ons

in hierdie
uitgawe

mekaar

Mees Onlangs
bottom of page