Met apologie: Helpie-toetse by dosyne
- Aleida de Bruyn
- Oct 30, 2017
- 2 min read
Ons hoor gerugte van ander skole wat toetsreekse het, en beny hulle. ‘n Termyn in Helpmekaar ís ‘n aaneenlopende nimmereindigende toetsreeks. Dan is daar nog die potensiële trauma van moderering waar jy net kan verloor, want daar is ‘n ongeskrewe reël dat die oorspronklike merker sonder uitsondering te lig gemerk het en te rojaal punte weggegee het. As daar ‘n Helpie is wat na moderering punte ryker geword het, kontak asseblief die Helpie-flitse, dit kan ‘n voorbladstorie word.
Een van Helpmekaar se top graad 11-studente, Luan Roos, som baie goed op hoe moedeloos elke Helpie al gevoel het in toetse oor vrae en puntetoekennings:
English Home Language:
Wanneer daar ‘n gedig en bykomende illustrasie gegee word in English Home Language:
Comment on how the depth of the illustration could possibly complement the effectiveness of the poet’s intended tone figuratively. (4)

Lewenswetenskappe:
Hoe kan Jannie se seer voet ‘n gevaar vir nierversaking inhou? (0,025)
Ekonomie:
Arbeid is… (32)
Afrikaans Huistaal:
Vraagnommer 2.1.3.4.5.3.11.2) Hoekom wil Timus “skuim pie”?
Rekeningkunde:
As ‘n mens in ‘n Rekeningkunde vraestel 7 minute oor het (formulering van vraag ‘n dilemma met nuanse wat van Engels na Afrikaans verlore gaan):
Jannie het gaan sal 4 appels gehad het teen winsopslag van 5% van die helfte van die koste van waardevermindering. Voltooi inkomstestaat. (230 x 0,5)
Wiskunde:

Bewys dat hoek BCA= 2ycosxtan35hsinxy/sin155
Fisiese Wetenskappe:
Susan seil op haar maag in 'n hysbak. Die hysbak se kabels breek en die hysbak val vry (neem in ag dat die hysbak op Mars is).
1.1 Wat is die kleur van Susan se skoene? (2)
1.2 Verklaar waarom Susan se regterskoen 'n laer kookpunt as haar linkerskoen het. (12)
![endif]--![endif]--
![endif]--![endif]--
Comments