top of page

Aleida gesels met... Bouwer Bosch: Liefde Wen

  • Aleida de Bruyn
  • Oct 30, 2017
  • 3 min read

Bouwer Bosch en Aleida de Bruyn. Foto verskaf deur Heike Edeling.

Bouwer Bosch het in 33 jaar al meer vermag as wat die meeste mense mense in hul leeftyd sal regkry. Hy is bekend as entrepreneur, liedjieskrywer, sanger, akteur, regisseur, besigheidsman en eggenoot. Dan is hy nog übercool en snaaks ook, en is boonop met Leandie du Randt, bekende aktrise, getroud. Ons ken hom as die bekroonde sanger, liriekskrywer en kitaarspeler vir 'n rockband, genaamd Straatligkinders, baasbrein agter die “Liefde Wen”-klerereeks en filmmaker. Sy nuutste fliek, Vuil Wasgoed, verskyn op 8 Desember.

Hy het aan Potchefstroom Gimnasium matrikuleer en sy gunsteling vakke was Rekenaartik, Spraak en Drama en Afrikaans. Hy het nie baie van akademie gehou nie, en was beslis nie ‘n “pliggie” nie, maar het wel baie van die “buzz” van skool en die mense by die skool gehou. Hy meen dat hy nogal so bietjie van 'n cool kid was. Hy was skamerig vir meisies en het 'n slegte vel gehad, maar sy humor het hom die nodige selfvertroue gegee. Hy het 'n punt daarvan gemaak om met almal vriende te wees: die sport-ouens asook die akademiese- en kultuurkinders.

Hy reken dat ‘n mens in die vermaaklikheidsbedryf nie 'n ander keuse het as om ‘n entrepreneur te wees nie, jy moet maar besluit hoe ernstig jy oor jou drome is en of jy die drome gaan najaag of nie. Sy passie is musiek en films, en hy wag nie vir ander om sy loopbaan te laat gebeur nie, hy skep sy eie werk. Een van sy rolmodelle is Francois van Coke wat vir hom iemand is wat weet wat dit verg om sukses te behaal. Hy was nie bang om te waag sonder waarborg vir sukses nie. Hy reken dat hy baie lief is vir wat hy doen en geseënd is om met ongelooflike talentvolle mense omring te word, ook mense wat hy dink beter kunstenaars as hy is.

Sy klere handelsmerk, “Liefde Wen”, is vanjaar al 10 jaar oud. Hy sê dat tyd 'n faktor is wat ingereken moet word in die sukses daarvan. Bouwer glo die boodskap wat die Liefde wen-handelsmerk uitdra, nie gekoppel is aan 'n seker velkleur of geloofsoortuiging nie, dis baie universieel en daarom vind mense aanklank daarby. Hy het dit op universiteit begin en die plan was om iets te skep wat die wêreld 'n beter plek sal maak. Hy het ‘n span mense in George en Potchefstroom wat aanvanklik net tydelik gehelp het met "Liefde Wen". Hy het die besigheid vir 7 jaar alleen bedryf en hier en daar iemand gekry om te help, maar die afgelope 3 jaar het Walton Kruger en sy span van Amiici gehelp om dinge beter te laat funksioneer.

Hy hou baie van RocoMamas se burgers en geniet die kos, koffie en atmosfeer van The Whippet Coffee in Linden. Om tussen al sy talente ‘n gunsteling te kies, is beslis moeilik, maar musiek sal altyd sy gunsteling medium wees. Dis vir hom die persoonlikste en die medium waar hy ook die meeste genesing kry.

Op ‘n vraag hoe hy bewonderaars en aandag hanteer, antwoord hy: “Ek dink nie ek het dit enigsins so moeilik soos die groot ouens soos Bobby, Steve, Victor Matfield en daai supersterre nie. Ek dink omdat ek meer in die alternatiewe kringe beweeg, maak dit die mark kleiner. Ek dink ek is lucky dat ek nie heeltyd deur mense genader word nie. Leandie het dit definitief moeiliker as ek omdat sy by Binnelanders wat 'n baie groot sepie landswyd is, betrokke was.

"Ek geniet dit eintlik om almal te ontmoet wat van my werk hou of nie hou nie, dis 'n voorreg dat daar mense is wat my ondersteun. Ek hou daarvan om stories te hoor. Die beste deel van wat ek doen, is wanneer mense persoonlike stories deel oor wat jou werk vir hulle beteken, dis ongelooflik humbling.”

Ek kon nie anders as om te vra oor die resep vir sy gelukkige huwelik nie. Hy meen om eerlikheid te wees ten alle tye is ononderhandelbaar. Dit verg tyd en werk, soos enige iets in jou lewe waaraan jy baie tyd spandeer en waarvoor jy baie lief is. Hulle besef hulle maak foute, maar wat belangrik is, is dat hulle saam foute maak. Hy bestempel hulle as “net 2 losers wat lief is vir mekaar”.


コメント


Saam

het ons

in hierdie
uitgawe

mekaar

Mees Onlangs
bottom of page