top of page

Laat die "likes" loop

  • Eduan Beukman
  • Oct 30, 2017
  • 2 min read

Die regte tyd, die regte filter, die regte foto, die regte onderskrif en daar gaan hulle - plaas die foto. Instagram is in ons moderne generasie egter soveel meer as net ‘n sosiale mediaplatform. Vir baie is dit ‘n ontsnappingsmeganisme en vir ander ‘n gevangenis en vir die oorgrote meerderheid ‘n oneindigende gewildheidskompetisie.

Volgens die #StatusOfMind opname deur die Verenigde Koningryk se Koninklike Vereniging vir Openbare Gesondheid word Instagram beskou as die nadeligste sosiale mediaplatvorm vir jou geestelike gesondheid. Boonop word dit gekoppel aan depressie, angs, boelie en dra dit verder by tot “fomo” - die vrees om iets te mis. Alhoewel daar enkele ligpunte soos self-identifisering, selfverduideliking en gemeenskapsbou is, is die oorhersende gevolge egter steeds negatief.

Behalwe vir die negatiewe geestelike impak, het Instagram ook ‘n groot impak op die tydsbestuur van die reeds aandagafleibare tieners van die huidige generasie. Kosbare akademiese- en gesinstyd gaan verlore, want om oor en oor deur dieselfde foto’s te gaan (asof dit gaan verander) maak inbraak op belangrike tyd, veral in die hoërskool. Maar die probleem lê egter veel dieper as dit - ons generasie kan dit nie help nie. Dit is ‘n verslawing.

“Sosiale media word beskryf as meer verslawend as alkohol en sigarette,” sê Shirley Cramer, uitvoerende hoof van die Koninklike Vereniging vir Publieke Gesondheid, in ‘n ander studie, dié keer oor die negatiewe invloed van sosiale media op tydsbestuur.

Asof die duidelik impak van Instagram nie genoeg is nie, word dit boonop vir wedywering om gewildheid deur miljoene tieners wêreldwyd gebruik. Toepassings waar mens met ma of pa se kredietkaart likes kan koop, dra verder by tot die sirkus en voltydse beroepe as Instagram-bladbestuurders is nie meer iets nuut nie.

Daar is goed en sleg in alles, in sommige dinge is dié balans ongelukkig heeltemal skeef.


Comentários


Saam

het ons

in hierdie
uitgawe

mekaar

Mees Onlangs
bottom of page