top of page

Kunsuitstalling laat kreatiewe harte glimlag

  • Heike Edeling
  • Oct 30, 2017
  • 1 min read

Kreatiewe Helpie kunstenaars in ons midde, by die jaarlikse kunsuitstalling. Foto verskaf deur Heike Edeling.

Helpmekaar Kollege se kunsdepartement het vanjaar op 6 September ’n spoggleentheid met die jaarlikse kunsuitstalling in die pragtige Odeon opgelewer.

Met ’n nuwe kinkel in die kabel, het die Helpies besluit om ’n fondsinsameling vir die Lefika la Podiso-kunsterapiesentrum, om die draai van ons skool, te hou. Kunsleerders van graad 8 tot graad 11 het klein kreatiewe kunswerkies geskep en hierdie kunswerke is bo-op die Odeon se dak tussen die fraai en fleurige liggies uitgestal en teen R100 elk verkoop.

Nie net is kunsgangers se sak met die koop van hierdie spesiale A5-kunswerkies opgehelder nie, maar hulle is ook verryk deur die wonderlike klaswerk van ons Visuele Kuns-Helpies. ’n Groot verskeidenheid kuns - van sketse en skilderye tot beeldhouwerke wat uit seep gekerf is - is deur die kykers besigtig terwyl ’n paar leerders die gaste met rustige musiek vermaak het.

Die aand se tema, “Kleur jou palet”, was beslis merkbaar in die kleurryke samekoms wat deur die kunsspan verseker is. So het Helpmekaar Kollege net weereens bevestig hoe sprankelend dinge hier gedoen word. Die toekoms hou verseker nog talle wonderlike geleenthede soos 2017 se kunsuitstalling in.


Comments


Saam

het ons

in hierdie
uitgawe

mekaar

Mees Onlangs
bottom of page