top of page

W.N.-koshuis hou opskop

  • Marco van Staden
  • Oct 30, 2017
  • 2 min read

Die William Nicol-koshuis is ‘n baken op Helpmekaar Kollege se terrein en die stories tussen die koshuis se mure is net so indrukwekkend soos die gebou self. Een van die koshuis se spoggeleenthede is die koshuisdinee. Dit dien as afsluiting vir die matrieks en oorhandiging van die koshuisverantwoordelikhede aan die graad 11’s.

Die geleentheid is altyd ‘n hoogtepunt op die koshuiskalender en dit is die graad 11's se taak om die aand onvergeetlik te maak, Dit is vir die matrieks ‘n spesiale aand, want dit is hul laaste aand as leiers van die koshuis.

Alec Skudder en René Lourens, die koshuis hoofseun en -dogter van 2018, is dit eens dat hierdie aand ‘n emosionele vaarwel vir die matrieks was. Die tema van vanjaar se dinee was ‘n mengsel tussen “A night under the stars” en “Fire&Ice” en was, volgens Alec, ‘n reuse sukses. René noem ook dat daar aan die einde van die aand op ‘n wonderlike manier aan die matrieks eer betoon is.

Die aand word afgesluit deur die aankondiging van die volgende jaar se koshuishoofseun en -hoofdogter. Die leiers van 2018, Alec en René, getuig dat dit ‘n reuse voorreg is om die gesogte William Nicol-koshuis te kan aanvoer. Alec meen dat sy plig hoofsaaklik is om te verseker dat elke seun in die koshuis gelukkig is. Hy lê ook klem op die belangrikheid van die tradisies van die koshuis en die voortleef daarvan. René sê dat sy baie by haar koshuismatriek in Graad 8 geleer het en graag dieselfde liefde en toewyding ten toon wil stel.

Helpmekaar se koshuis vorm ‘n integrale deel van Helpmekaar se tradisies en het ‘n reuse impak op die skool se gees. Daar word met groot verwagting na die groei en ontwikkeling van die koshuis gekyk.

Pragtige koshuisdames wys hul rokkies by jaarlikse Kohuisdinee. Foto verskaf deur Gustav Klingbiel.

コメント


Saam

het ons

in hierdie
uitgawe

mekaar

Mees Onlangs
bottom of page