top of page

Kolskoot Helpies

  • Aleida de Bruyn
  • Oct 30, 2017
  • 1 min read

Foto verskaf deur Storm Lotter.

Die jaarlikse Boogskiet Interhuis het op 8 September plaasgevind. Dit was ‘n groot sukses en Melle-huis het met die louere weggestap.

In die meisiesafdeling was Danielle Heyneke die kampioen, Aleida de Bruyn was tweede en Michelle van der Walt het derde geëindig. AJ Rossouw het in die seunsafdeling koning gekraai. Hugo Pretorius was tweede en Daniel Donovan het die derde plek behaal. Die beste Helpie-skuts van die dag was Hugo Pretorius en Aleida de Bruyn.

Die Nasionale Kampioenskap is op 5 en 6 Oktober 2017 in Uitenhage aangebied en 23 Helpies het deelgeneem. Meneer Hennes en Juffrou Nicoline het die skuts vergesel.

Boogskiet ster, Dario van den Berg, het in April aan die Suid-Afrikaanse Nasionale Buitelug Boogskiet-kampioenskap deelgeneem en 'n goue medalje in die o/15-afdeling behaal. Hy verwerf sy provinsiale en nasionale kleure en is nommer een op die ranglys in sy ouderdomsgroep.

Helpmekaar het ook in September met groot sukses ‘n interskole kompetisie aangebied en as tuisspan ‘n bronsmedalje verower. Boogskiet gaan van krag tot krag by Helpmekaar en die Helpies se pyle trek sekuur. Juffrou Nicoline Opperman, boogskietafrigter en -organiseerder, meen dat boogskiet jaarliks groei en met rasse skrede verbeter. Sy geniet die entoesiasme van die deelnemers.

Foto verskaf deur Storm Lotter.


Comments


Saam

het ons

in hierdie
uitgawe

mekaar

Mees Onlangs
bottom of page