top of page

Helpmekaar skuif aanlyn

  • Karla Jonker
  • Oct 30, 2017
  • 1 min read

Die wêreld gaan vooruit en Helpmekaar loop nie vêr agter nie. Helpmekaar se webwerf, www.helpmekaar24.co.za, maak die lewe van vele Helpies en Helpie-ouers baie geriefliker.

Hierdie toep gee vir alle Helpmekaar24-verbruikers maklike toegang tot Helpie-webwerwe, soos Adam en E-skool (alhoewel hierdie twee webwerwe net deur leerders en ouers gebruik kan word). Die tydrooster (vir diegene wat nie kan wag dat die periode eindig nie), jaarbeplanning (vir die pliggies) en die dag se afkondigings (vir diegene wat nie luister by aantree nie) word ook elke dag opgedateer . As daar ‘n belangrike gebeurtenis is, word daardie gebeurtenis se program op die webwerf geplaas. Die Helpies is tog die belangrikste deel van die skool en om te verseker dat geeneen verdwaal nie, is die busreëlings ook op hierdie toep.

Daar het egter onlangs iets nuut met helpmekaar24 gebeur. Iets opwindend! Die Helpie-flitse het daarby aangesluit. Die laaste weergawe van die koerant vir 2017 is slegs ‘n elektroniese uitgawe. Daar is meer moeite hier ingesit as wat enige iemand sou dink. Die elektroniese span, wat per hand uitgekies is, werk baie hard daaraan om die Helpie-flitse (en helpmekaar24) so toepaslik as moontlik te maak. Daar is vele hande, maar steeds baie werk.

Helpmekaar Kollege is ‘n skool wat nooit vêr agter in die wedloop sal wees nie. Helpmekaar24 is enige Helpie se “go to”.


Comments


Saam

het ons

in hierdie
uitgawe

mekaar

Mees Onlangs
bottom of page