top of page

Helpies slaan die gholfbal op die kop

  • Shane Lottriet
  • Oct 30, 2017
  • 1 min read

Hierdie jaar is daar duidelike opwinding by Helpmekaar se gholfliefhebbers. Vir ‘n sportsoort wat nog aan die groei is, skyn die Helpie-talent helder en die gholfers stel ons glad nie teleur nie.

Vroeg in sy hoërskool loopbaan trap Herman du Plessis in graad 8 diep spore in die gholf-gemeenskap. Herman is gekies vir die O/15 Sentraal-Gauteng-span en is 6de geplaas in die land. Hy het vroeër die jaar ook 3de gekom in ‘n SA O/15-toernooi en het 9de geëindig in die Lion of Africa Junior Ope in Kaapstad.

Sinan Babüroğlu, ‘n graad 11-gholfer, slaan die bal glad nie mis met sy verkiesing tot die provinsiale span nie. Hy het die Wesrand Gholfspan verteenwoordig. Sy span wat uit 8 seuns bestaan, het van 1-3 Oktober te Rustenburg Gholfbaan aan die SAHSGUC (South African High Schools Golf Union Championship) deelgeneem. Sinan en sy span het nasionaal 3de geëindig.


Comments


Saam

het ons

in hierdie
uitgawe

mekaar

Mees Onlangs
bottom of page