top of page

Helpie-hokkie se eie “Golden Goose”

  • Gerhardt Olivier
  • Oct 30, 2017
  • 1 min read

Mnr. Blake Goose(n) het onlangs as Hokkie-direkteur by die Helpmekaar-familie aangesluit. Hy

lê wel nie goue eiers nie, maar sy bydrae tot Helpie-hokkie belowe om goud werd te wees.

Mnr. Blake se passie vir hokkie en intensiteit tydens oefening word weerspieël in seer spiere en glimlaggende, bleek gesigte van die Helpie-hokkiespelers. Hy glo duidelik dat daar sonder opoffering geen sukses is nie. Hy demonstreer vaardighede, dwing respek af en verseker dat elkeen tot sy of haar volle potensiaal presteer.

Groentjie Meneer, Blake Goosen. Foto verskaf deur Heike Edeling.

Volgens mnr. Blake is daar geen verskoning vir Afrikaanse skole om nié op hokkie-terrein te presteer nie. Hy is oortuig daarvan dat Afrikaanse leerders natuurlike atlete is, wat met die regte afrigting uitsonderlike standaarde kan handhaaf.

Mnr. Blake beplan om Helpmekaar se spel met ‘n 3-fase oefenplan te optimaliseer. Tans fokus hy op individuele- en tegniese vaardighede. In 2018 wil hy spelers voorberei om teen van die beste skole in die land te speel, want “om die beste te wees, moet jy teen die beste meeding.”

Self speel mnr. Blake al van graad 4 af provinsiale hokkie. Hy was gereeld spankaptein en het in 2009 begin om hokkie af te rig. Hy verkies hokkie as spansport weens die vinnige pas en nimmereindigende uitdagings om as speler te groei.

Die nuwe Hokkie-direkteur glo dat opoffering vrugte afwerp, selfs al word 'n wedstryd nie altyd in ‘n span se guns beslis nie. Hy glo dat min dinge oornag verander en dat die spel nie slegs oor een speler gaan nie, maar oor die skoolwapen wat die spelers saambind.

So, komaan, veg saam om Helpie-hokkie tot nuwe hoogtes te neem!


Comentarios


Saam

het ons

in hierdie
uitgawe

mekaar

Mees Onlangs
bottom of page