Helpie-rugby druk nóg ‘n drie
- Shane Lottriet
- Oct 30, 2017
- 1 min read
Helpmekaar se mees gesogte sport, rugby, het die ooms en tannies op die punte van hul stoele gehad met seker een van die mees opwindende rugby-jare wat die skool nóg gesien het.
Al 4 spanne (d.w.s. die O/14, O/15, O16 en 1ste XV) het deurgedring tot die Virseker Beker (voormalige Beeld Trofee) finale op 26 Augustus te Helpmekaar Kollege en het almal teen sterk spanne kragte gemeet. Die O/15's en Eerstespan het met hierdie trofee weggestap.
Met vele opwinding, geluk en hartseer het die dag stadig maar seker tot ‘n einde gekom en die afwagting vir die Eerstespan se wedstryd het opwinding en natuurlik toeskouers gelok.
Die span het al van vroeg in die wedstryd teen die Hoërskool Tranvalia gewys hulle is van plan om te wen met ‘n drie binne die eerste 2 minute en op die ou end ‘n oorwinning van 52-24.
Vir die matrieks in die Eerstespan was hierdie wedstryd baie spesiaal, omdat dit hulle laaste een sou wees, alhoewel hierdie groep die voorreg gehad het om elke jaar die Beeld Trofee te wen.
“Dit is baie hartseer dat so ‘n great journey tot ‘n einde moes kom, maar dis tyd om die voorreg aan die jonger manne oor te gee,” sê Jeremy Randall, buite-senter van die Eerstespan.

댓글