top of page

Helpie-flitse pronk met wennersvere

  • Shane Lottriet
  • Oct 30, 2017
  • 1 min read

V.l.n.r. Aleida de Bruyn, Annemarie Venter en Jacques Peacock. Helpies ontvang eerste plekke vir beide elektronies en gedrukte media, by die Beeldstreek se jaarlikse prysuitdeling. Foto verskaf deur Juffrou Annemarie.

Helpmekaar se joernaliste se insette, harde werk, rondry, navorsing en onderhoude was duidelik merkbaar by die beoordeling van die nasionale Beeld-koertantkompetisie.

Die Beeld beskryf die Helpie-flitse se redaksie as “vooruitgaande”. Die uitgawe spog met ‘n provinsiale eerste plek en ‘n nasionale derde plek vir die gedrukte koerant. Ons elektroniese uitgawe behaal ook provinsiaal 'n eerste plek en nasionaal 'n tweede plek.

“Ons het gepoog om ‘n koerant te skep wat esteties lyk na wat die lesers wil sien, gevul met dit wat hulle wil lees - en dit is nie vervelig nie,” sê voormalige redakteur, Jacques Peacock.


Comentarios


Saam

het ons

in hierdie
uitgawe

mekaar

Mees Onlangs
bottom of page