top of page

Gewilde Desember-bestemmings vir die Helpies

  • Marié Mouton
  • Oct 30, 2017
  • 1 min read

Hermanus se vroeg oggend varsheid op sy beste. Foto verskaf deur Danielle Heyneke.

Die langverwagte somervakansie is om die draai en die Helpies kan nie wag om na die eindeksamen hul tasse te pak nie!

Sommige van ons is bevoorreg om gedurende die Desembervakansie ver oor die waters na Amerika of Europa te ontsnap. Maar die meeste van ons is deel van die groot uittog see toe. Die Wes- en Suid-Kaapse kusdorpies is veral gewild onder Helpmekaar se leerders. Hier is die kans groot dat jy gelukkig (of ongelukkig) ‘n mede-Helpie gaan raakloop!

Daar is ‘n aantal gewilde vakansiebestemmings waar jy beslis nie jou Helpmekaarvriende gaan mis nie. Op Plettenbergbaai en ‘n halfuur daarvandaan op Buffelsbaai is daar altyd, tydens Desembervakansies, ‘n “plaag” van Helpies teenwoordig. Ook in Hermanus en langsaan in Onrus hang Helpievriende saam uit!

Indien jy egter angstig is om jou mede-Helpies tydens die Desembervakansie te vermy, gaan jou taak moeiliker wees. Probeer dalk die stiller, kleiner kusdorpies soos Sandbaai, Kleinbrak of die Kaapse Weskus met sy koue seewater. Nog ‘n opsie is om agter die mure van jou Johannesburgse huis weg te kruip en jou eie seevakansie langs die swembad te hou. Wees egter versigtig, want jy mag dalk ‘n hele paar Jan Tuisblyers hier raakloop!


댓글


Saam

het ons

in hierdie
uitgawe

mekaar

Mees Onlangs
bottom of page