top of page

Filosofie 101

  • Eduan Beukman
  • Oct 30, 2017
  • 2 min read

Eduan Beukman. Grafika verskaf deur Heike Edeling.

In ons gemeenskap is daar steeds vele onduidelikhede, maar as daar uiteindelik darem ‘n vaste veranderlike aangedui kan word, is dit die van ‘n hierargiese samelewing. Volgens Aristotle is ons as mense “sosiale diere” en dus ken ons ons posisie op die sosiale voedselketting. Of te wel die gegewe gemeenskap se hierargie.

Of die volk nou hierdie indeling met ope arms gaan verwelkom, is nie noodwendig ‘n gegewe nie. Dit is egter die realiteit. Selfvertroue is die sleutel tot sukses. Ons as mens is bloot ‘n gesofistikeerde, gevorderde soogdier. Dus is daar tropleiers (afhangend van die verskillende soort trop) in beheer van die trop se veiligheid en bestuur. Hierdie leiers is as leiers gebore, natuurlik geselekteer. Hulle het dan die verantwoordelik om die keuses vir die trop te maak. Of die keuses noodwendig altyd die beste is, is egter ‘n saak vir ‘n ander dag.

‘n Volgende vanselfsprekendheid is dan nou juis die oplossing oor hoe mens jou plek as individu op die hierargie verbeter. Om die sosiale hierargie van die gemeenskap te klim, verg ‘n fisieke en verstandelike verbetering. Baie mense is egter nie bereid om die nodige werk in te sit nie en is dus tevrede met hul posisie op die lys. Ons as mens weet waar ons hoort en ook wat ons potensiaal is.

Ons moet daagliks streef om ons hierargiese posisie te verbeter. Dit is natuurlik as jy daarin glo. Dit is deesdae mos so maklik om net ‘n alternatiewe lewe te leef en van die verwagte perke van die samelewing weg te kruip. Ons as mens het nie gekies om gebore te word nie, maar ons kan kies om ons lewe ten volle te benut. En die belangrikste – om dit te geniet, hierargies of nie.


Comentários


Saam

het ons

in hierdie
uitgawe

mekaar

Mees Onlangs
bottom of page