top of page

#Feesmustfall, veg vir dit wat jy dink reg is!

  • Carmine Van der Westhuizen
  • Oct 30, 2017
  • 2 min read

Foto verskaf deur myslowjourney.com.

Gedurende Oktober 2016 is Suid-Afrikaanse universiteite gebombardeer met die #Feesmustfall-proteste en nou, ‘n jaar later, wonder mens of dié studente weer dieselfde paadjie gaan loop?

Daar is twee kante aan hierdie muntstuk. Die eenkant word akkuraat voorgestel deur ‘n graad 11 se opmerking op die bus tydens die Fees must fall-beweging in 2016. Sy opinie is dat die leiers en deelnemers van hierdie beweging hulle versoeke kan indien sonder om soveel skade aan te rig aan die kampus en die land. Daar is nie plek of tyd vir hierdie chaos nie. Dit verhinder ander studente wat studeer om ‘n graad te verwerf. Maak jou punt sonder om skade aan te rig, geweldadig te raak of ander studente te benadeel. Die Universiteit van die Witwaterwatersrand was vir twee weke gesluit. Studente kon hul eksamens eers twee weke later skryf wat meegebring het dat talle internasionale studente wat reeds vlugte bespreek het om na hul families te gaan, dit moes kanselleer.

Die regse, meer konserwatiewe kant van Fees must fall, is bekommerd oor die toekoms van Suid-Afrika en beskou die Fees must fall-beweging as iets wat die land meer skade as goed sal aanrig.

Die anderkant van die muntstuk vertel die storie van talle studente wat protesteer omdat hulle dink dit sal ‘n beter Suid-Afrika vir almal tot gevolg hê. Die redenasie is dat verlaagde fooie meer mense die geleenthede gee om ‘n goeie welvarende toekoms te verseker. Talle studente wat protesteer word aangevuur deur leiers wat voel dat enige geweld en vandalisme geregverdig word in die lig van vorige diskriminasie as gevolg van apartheid. Talle linkse studente is ook van mening dat die regse partye geen konsep het van die benarde omstandighede waarin baie studente hul bevind nie.

Daar sal altyd twee kante van die muntstuk wees, maar die realiteit is dat Suid-Afrikaners sal moet saamwerk of saamveg om oplossings te kry.


Comments


Saam

het ons

in hierdie
uitgawe

mekaar

Mees Onlangs
bottom of page