top of page

Dit is beter om te gee as om te ontvang

  • Karla Jonker
  • Oct 30, 2017
  • 1 min read

Hoekom moet daar 10 ure se gemeenskapsdiens in graad 10-12 gedoen word as hierdie jare die besigste jare van jou skoolloopbaan is? As jy net ‘n klein bietjie dieper kyk, kan jy sien dat hierdie meer as net ‘n LO-taak is. Hierdie geleentheid kan baie deure oopmaak en jou kennis verbreed. Jy kan baat vind daarby in jou toekoms.

As jy so daaraan dink, is gemeenskapsdiens eintlik ‘n baie verrykende LO-taak…Dis een van die opdragte waarmee jy jou verbeelding kan gebruik, aangesien die moontlikhede en opsies hemelbreed is. ‘n Graad 11-leerder, Warnu Hattingh, het by die Unie-hospitaal in Alberton gaan werk. Hy het gesê dat hierdie ervaring hom baie van homself en van die lewe geleer het. Dit het hom laat besef wat hy met sy lewe wil doen. Hy het ook baie goeie raad gegee vir diegene wat hierdie taak nog in die toekoms moet aanpak. Volgens hom moet jy nie die ure vir jouself doen nie, maar vir ander. As jy met ‘n gesindheid gaan om te kyk wat jy uit die situasie kry, gaan jy swaarkry. Die hele doel van die taak is om te gee.

Vele ander graad 11- en 12-leerders het ook baie kreatiewe gemeenskapsdiensprojekte gedoen. Die opsies is eindeloos, dis feitlik onmoontlik om uit idees te hardloop. Gaan werk by ‘n hospitaal, ‘n kinderhuis, ‘n sopkombuis, ‘n kerk en moenie vergeet van Parksorg nie! Gee aan jou gemeenskap, en jy sal verbaas wees oor wat jy terug ontvang.

Foto verskaf deur Juffrou Arina Swanepoel.

Commenti


Saam

het ons

in hierdie
uitgawe

mekaar

Mees Onlangs
bottom of page