Vra die manne
- Marco van Staden
- Oct 30, 2017
- 2 min read
Sewes: Vinnig dink en flink voete
Sewes rugby is regoor die wêreld ‘n aanskoulike en opwindende toeskouersport . Die spel raak al meer prominent op internasionale sportkalenders. Dit is vining en vereis baie vaardigheid.

Fiksheid en die hart van ‘n leeu is die vaardigheid wat Mark Snyman, ‘n graad 12-leerder en provinsiale sewesspeler, vir aspirant spelers aanbeveel. Hy is ook van mening dat Sewes ‘n spel is wat baie dinkwerk vereis. Hierdie spel is ‘n groeiende sport en ‘n skare-trekpleister wat ook in die toekoms meer Helpie-spelers en -toeskouers sal trek.

Fietsry: Hou bene hou
Fietsry is ‘n veeleisende sport wat ure se oefening verg. Saam met vriende is dit egter ‘n genotvolle aktiwiteit. Dit is die mening van Nico Marais, ‘n matriek berg- en padfietsryer.
Helpmekaar gaan van krag tot krag in hierdie sport omdat daar soveel belangstelling is. Die skool neem aan die Spur se bergfietskompetisie deel en behaal besondere prestasies. Hierdie kompetisie sluit van die beste skole in die land in en dít spoor Helpie-fietsryers aan om harder te werk en beter te ry. Nico se raad aan jong fietsryers is om saam met vriende te oefen, aangesien jy harder oefen in ‘n groep waar daar kompetisie en druk is.

Avontuursport: Avontuur met ‘n hoofletter A
Spanwerk, kaartwerk en saamwerk: dit die resep vir ‘n goeie avontuursportspan. Hierdie sport toets allerlei vaardighede en behels fietsry, roei, swem, draf en navigasie.
Volgens Tinus Swanepoel, 'n graad 11-leerder, is hierdie ‘n baie veeleisende sport en avonturiers maak staat op hul spanmaats om die elf ure wedloop te voltooi. Helpmekaar lewer elke jaar uitstekende resultate in hierdie sport en dit geniet groeiende belangstelling. Tinus glo fiksheid is die belangrikste komponent, maar dat goeie kaartwerkvaardighede nodig is om die wedloop in ‘n wentyd te voltooi.
Commentaires