“Wroem-wroem”, die matrieks kom ingezoem!
- Heike Edeling
- Oct 30, 2017
- 1 min read
In by die hek, op met die bult en net karre waar jy kyk! Dit is ’n mengelmoes van ma se kar, pa se 1978-Beatle en sommer ma en pa se 18de verjaarsdaggeskenk wat op Facebook aangekondig is!
Matrieks en hul motors het die vermoë om ’n “naweek-atmosfeer” by die skool te skep, alhoewel daar nog vele ure oor is voordat die naweek aanbreek! Dié atmosfeer tel gewoonlik teen Junie aansienlik op. Ongeveer 40 uit die 200 matrieks ry daagliks met ’n ander voertuig as ’n skoolbus by die Helpiehekke in. Uit hierdie 40 leerders kan geen stereotipering plaasvind nie, aangesien vanjaar se matriekgroep die grootste verskeidenheid motors by die skool aangebring het: van Jeeps en Land Cruisers tot Beatles en bakkies.
Daar word ook verskeie vrae gevra, veral oor die presiese krag waaroor die motor beskik, of selfs die kwaliteit klanksisteem wat in die kar ingebou is! Dié kan mens ook al hoor nog voordat dit gesien word!
Die groot vraag bly staan: “Maak die matrieks die skoolparkering té beknop?” Wel, die antwoord is eenvoudig: Daar is nooit te min plek vir ‘n aansienlike groot groep jong volwassenes wat elke oggend die ‘w(r)oema’-element in die skool aanvuur nie.

Comments